7 DINGE WAT JY OOR CHALKPAINT MOET WEET:

 

Sogenoemde 'probleme' kan maklik voorkom as jy verf, maar dit sal karakter verleen aan jou item! Maar vir meer voorspelbare uitslae is die volgende kennis belangrik.


1. ONDERLAAG ('PRIMING') - Nie nodig nie
Nie nodig nie. (maar lees punt 2)

2. AFSKUUR - Nie nodig nie.
Tog, sommige oppervlakke sal n ligte skuur nodig he, soos Melamine. En meubels wat voorheen met meubel politoer en olie behandel is kan in plekke afkom. Skuur DIE areas, bedek met waterbasis vernis, en verf bo-oor.

3. SKOONMAAK - ALTYD


DIS NOODSAAKLIK OM JOU MEUBELSTUK SKOON TE MAAK. Soos met enige oppervlak moet jy vetterigheid en vuilheid verwyder, anders sal dit jou bolaag affekteer.
 Dit kan deur die verf skyn of selfs die verf verwerp. Gebruik skottelgoedseep en water om te was en droog dit af. As jy olie of n silikoon tipe laag vermoed, maak goed skoon en skuur liggies, sit dan n laag deurskynende, mat vernis oor om n laag tussen die silikoon en verf te skep.
Nuwe meubels word ook soms met silikoon produkte bedek om hulle skaaf bestand te maak met vervoer. Toets oornag om seker te wees, veral vir groot projekte.

4. 24 UUR TOETS - ALTYD
Veral as jy nie weet wat om te verwag nie, of vermoed daar is olie of silikoon op jou meubelstuk - vir groot projekte is dit n moet.

5. ROER - ALTYD

6. RAKLEWE - Ong 12 maande veral omdat dit waterbasis is, kan dit verrot.

7. DIS VERRASSEND! - Elke oppervlak en kwas/verf metode gee unieke uitslae met eie persoonlikheid. Vir gladde, perfekte verf afwerkings gebruik liefs akrielverf.

Vir eie gebruik kan mens maar lekker verf en enige karakter wat die oppervlak meebring geniet, dis die sjarme van chalkverf! Dit maak oppervlakke interessant en SHABBY. TOG, as jy verf om te verkoop, of op kommissie werk, wees liewer meer versigtig.

Comments

ONDER:
INTERNASIONALE INSPIRASIE!
Wat doen ander meubelkunstenaars? Kyk gerus onder na fotos van meubelkunstenaars van heinde en ver. Oja... sit gerus eers die ketel aan sodat jy rustig kan bewonder - en leer.

INSPIRASIE VAN ORAL!