AFRIKAANSE BLAD

Druk hierdie stencil patrone uit op A4 of A3 kaart en sny die swart gedeeltes uit. Siedaar... jou self-sny stencil!





CHALK verf/paints ~ Ken die 7 reels:
mangoliahomes.net
Sogenoemde 'probleme' kan voorkom as jy verf, en sommer nog karakter gee aan jou item. Maar vir meer voorspelbare uitslae is die volgende kennis belangrik.

1. ONDERLAAG ('PRIMING') - Nie nodig nie
Nie nodig nie. (maar lees punt 2)

2. AFSKUUR - Nie nodig nie.
Tog, sommige oppervlakke sal n ligte skuur nodig he, soos Melamine. En meubels wat voorheen met meubel politoer en olie behandel is kan in plekke afkom. Skuur DIE areas, bedek met waterbasis vernis, en verf bo-oor.

3. SKOONMAAK - ALTYD
DIS NOODSAAKLIK OM JOU MEUBELSTUK SKOON TE MAAK. Soos met enige oppervlak moet jy vetterigheid en vuilheid verwyder, anders sal dit jou bolaag affekteer.
 Dit kan deur die verf skyn of selfs die verf verwerp. Gebruik skottelgoedseep en water om te was en droog dit af. As jy olie of n silikoon tipe laag vermoed, maak goed skoon en skuur liggies, sit dan n laag deurskynende, matt vernis oor om n laag tussen die silikoon en verf te skep.
Nuwe meubels word ook soms met silikoon produkte bedek om hulle skaaf bestand te maak met vervoer. Toets oornag om seker te wees, veral vir groot projekte.

4. 24 UUR TOETS - ALTYD
Veral as jy nie weet wat om te verwag nie, of vermoed daar is olie of silikoon op jou meubelstuk - vir groot projekte is dit n moet.

5. ROER - ALTYD

6. RAKLEWE - Ong 12 maande veral omdat dit waterbasis is, kan dit verrot.

7. DIS VERRASSEND! - Elke oppervlak en kwas/verf metode gee unieke uitslae met eie persoonlikheid. Vir gladde, perfekte verf afwerkings gebruik liefs akrielverf.

Vir eie gebruik kan mens maar lekker verf en enige karakter wat die oppervlak meebring geniet, dis die sjarme van chalkverf! Dit maak oppervlakke interessant en SHABBY. TOG, as jy verf om te verkoop, of op kommissie werk, wees liewer meer versigtig.



.................................


GRATIS AFDRUK: 
Hierdie pragtige ouwereldse skoenlapper sal wonderlik lyk op n skinkbord/tafel OF in n mooi shabby raam! 


HOE: Click op die prentjie en laai die oorspronklike grootte af ~ DRUK OP A4 GROOTTE PAPIER ~  vir decoupage moet dit laser print wees hoor, en nie ink-jet nie :) Jy kan hom na jou naaste Postnet to e-pos as jy nie self n laserdrukker het nie.

(NOG PRENTJIES EN AFDRUK IDEES HIER)